Lens

’n Bollens.
Soorte lense: 1. bol 2. vlakbol 3. en 6. holbol 4. hol 5. vlakhol

’n Lens is ’n optiese toestel wat lig kan deurlaat en die strale na mekaar toe buig (konvergeer) of versprei (divergeer). ’n Eenvoudige lens bestaan uit ’n enkele optiese element, terwyl ’n saamgestelde lens uit verskeie eenvoudige lense met ’n gemeenskaplike as bestaan; met veelvoudige elemente kan optiese foute beter reggestel word as met ’n enkele lens. Lense word gewoonlik gemaak van glas of deursigtige plastiek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search